53ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 31 Maart 1981 | |
Plek | Dorothy Chandler Pavilion, Los Angeles | |
Aanbieder | Johnny Carson | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Ordinary People | |
Meeste pryse | Ordinary People (4) | |
Meeste benoemings | The Elephant Man en Raging Bull (8) |
Die 53ste Oscar-toekenningsaand is op 31 Maart 1981 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1980. Die aanbieder was Johnny Carson. Die seremonie sou aanvanklik op 30 Maart gehou word, maar is met ’n dag uitgestel ná die sluipmoordpoging op pres. Ronald Reagan.
David Lynch se The Elephant Man en Martin Scorsese se Raging Bull het die meeste benoemings gehad: agt elk. Michael Apted se Coal Miner's Daughter het sewe benoemings gekry. Ordinary People het op die ou end die Oscar vir beste rolprent ingepalm.